Kollektiewe bedinging binne die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryftak
Abstract
Opsomming
Die gebrek aan konsensus aangaande 'n ideale nywerheidsverhoudinge en kollektiewe bedingingsisteem vir Suid-Afrika kan toegeskryf word aan die verskillende houdings van die onderskeie partye daarby betrokke. Dit lei op sy beurt weer tot konflik tussen die onderskeie partye. 'n Vergelykende literatuurstudie van die kollektiewe bedingingsisteem van vier lande (tewete V.S.A. Brittanje, Wes-Duitsland en Suid-Afrika) is gedoen ten einde konflikaan- geleenthede in die Suid-Afrikaanse kollektiewe bedingingsisteem te identifiseer. 'n Ewekansige steekproef van 165 werkgewers en 75 vakbonde in die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryfstak is in die studie betrek. Die houdinge aangaande die geïdentifiseerde onflikaangeleenthede is met behulp van 'n Likertvraelys verkry. Die resultate dui op sterk meningsverskille tussen die deelnemende groepe omtrent die doeltreffendheid van die bestaande nywerheids verhoudinge en kollektiewe bedingingstelsel in Suid-Afrika. Aanbevelings vir toekomstige navorsing en ontwikkelingswerk word gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

