Enkele perspektiewe op Motivering
Abstract
Opsomming
Die indruk wat verskillende motiveringsteorieë in die literatuur skep, is dat elke teorie 'n unieke verklaring gee van gemotiveerde gedrag. Indien die basisbegrippe en die motiveringsproses egter as ankers gebruik word om teorieë te ontleed is dit moontlik om aan te toon dat teoriebou in die motiveringsliteratuur, niks anders is as beligtingsaspekte van dieselfde fenomeen nie. Die beligtingskant van kontemporêre teorieë is weliswaar meer werksverwant en die implikasies en toepassing daarvan word aangetoon.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

