Die invloed van doelwitstelling op prestasie
Abstract
Opsomming
Ofskoon die meeste navorsing Locke se doelwitstellingsteorie ondersteun, is bepaalde afwykings teengekom wat nie op 'n bevredigende wyse verklaar kan word nie. Die resultate van hierdie studie dui daarop dat 'n toename in doelwitmoeilikheidsgraad nie altyd tot ‘n ooreenstemmende toename in prestasie lei nie. Hierdie resultaat kon ook nie op grond van 'n gebrek aan doelwitaanvaarding verklaar word nie. Daar is voorts gevind dat die wyse waarop 'n nie-spesifieke doelwit gestel word, 'n beduidende invloed op prestasie kan hê. Finansiële aansporings blyk ook 'n onafhanklike invloed op prestasie te hê. Bepaalde aspekte van Locke se teorie word dus deur bogenoemde resultate bevraagteken. Aanbevelings vir verdere navorsing word ten slotte gedoen.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

