Werkmonsters as keuringstoetse
Abstract
Opsomming
'n Werkmonster is 'n replika van die werk waarmee applikante demonstreer dat hulle oor die nodige vaardighede beskik om die werkmonster en gevolglik die beroep wat dit verteenwoordig, suksesvol kan verrig. Die grootste voordeel van werkmonsters is die ooreenkoms daarvan met die werk waarvan dit 'n replika is en dus onregverdige diskriminasie tussen applikante verhoed. Die grootste nadeel van werkmonsters is dat vir baie beroepe dit onmoontlik sal wees om sulke toetse te standaardiseer. 'n Literatuurstudie het aangetoon dat werkmonsters betroubare en geldige keuringtoetse is, veral vir beroepe wat psigomotoriese vaardighede vereis.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

