Die ontwerp van 'n werkmonstertoets vir die keuring van swart elektrisienambagmanhelpers
Abstract
Opsomming
'n Werkmonstertoets, die Kabellastoets, wat kan dien as keuringinstrument vir Swart elektrisiënambagmanhelpers in die mynbouindustrie is ontwerp en toegepas met 'n beoordeling- skaal as kriterium. Die voorspellers was tellings op twee toetsings met die werkmonster, 'n verbeteringtelling, Dudec en verwante werkervaring. 'n Valideringstudie (N=53) het lae betroubaarheidskoëffisiënte en geen betekenisvolle korrelasies tussen voorspellers en kriterium opgelewer nie, maar 'n kruisvalidering (N=62) het aangetoon dat 'n kombinasie van die tweede toetstelling en Dudec werkverrigting kan voorspel. Die meervoudige korrelasies (0,40 tot 0,52) was egter laag en die variansie wat verklaar word onvoldoende om van enige praktiese waarde in 'n keuringbattery te wees.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

