Information search and media usage amongst adolescent Sowetons
Abstract
Opsomming
Hierdie studie ondersoek die koopgedrag van Swart adolessente in Soweto ten einde onderliggende tendense wat verteenwoordigend van ander Swart stedelike tieners mag wees, te identifiseer. Spesifieke doelstellings sluit in die ondersoek van inligtinginwinningsaktiwiteite en mediagebruik by lekkergoedaankope onder Swart adolessente in Soweto. Data is ingewin van 'n steekproef van 641 skoliere met behulp van vraelyste. Bevindinge toon dat stedelike Swart adolessente relatief gesofistikeerde verbruikers is wat voorkeur verleen aan verbruikersdominante inligtingsbronne (vriende) hoewel markdominante bronne (T.V. advertensies) ook ‘n belangrike rol speel. Die bevindinge beklemtoon ook die potensiële invloedsmag van opinieleiers in adolessente koopgedrag en die noodsaaklikheid om hulle in reklameveldtogte te bereik.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

