Conceptualising And Operationalising Work Versus Career Salience
Abstract
Opsomming
Loopbaanmarkantheid is in 1971 deur Greenhaus gedefinieer en geoperationaliseer. Sy skaal en konseptualisering van hierdie konstruk het kritiese kommentaar ontlok. Menige skrywers het verskeie alternatiewe konseptualiserings van loopbaanmarkantheid getoets. Hierdie benaderings is egter geneig om sommige van die waardevolle idees van Greenhaus se oorspronklike konstruk te verwaarloos. Die teenswoordige outeurs suggereer dat loopbaanmarkantheidkonstrukte en -maatstawe deur ‘n geassosieerde en minder, bekende konstruk, naamlik werkmarkantheid gekontamineer word. In hierdie studie is nuwe werk- en loopbaanmarkantheidskale ontwikkel en gevalideer op ‘n steekproef van 1078 kantoorwerkers. Die data ondersteun die onafhanklike definisie en meting van werkmarkantheid.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

