A validation study of lawless expectancy model on low-level rural black workers
Abstract
Opsomming
Die geldigheid van Lawler se verwagtingsteorie vir landelike Swart winkelassistente in die Republiekvan Transkei word in die studie ondersoek. Die komponente van die verwagtingsteorie is gemeet deur 'n vertaalde weergawe van die Michigan Organizational Assessment Package (Part II), terwyl die kriterium, werksprestasie, beoordeel is deur middel van 'n prestasiebeoordelingsvraelys ontwikkel deur die NIPN. Met 'n steekproef van 183 winkelassistente uit 10 organisasies het die motiveringsvraelys betroubaarheidskoeffisiente gelewer van tussen 0,72 en 0,84. Met uitsondering van die E→ P komponent was al die korrelasies met die kriterium beduidend op die l%-peil en het gevarieer tussen 0,24 en 0,26 met 'n gekwadreerde meervoudige korrelasiekoeffisient van 0,29. Genoeg positiewe bewyse is in die studie verkry om met redelike sekerheid te aanvaar dat die verwagtingsteorie van toepassing gemaak kan word op lae-vlak landelike Swart workers.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

