Organizational behaviour management: A functional analysis of productivity
Abstract
Opsomming
Bestuur van Organisasiegerigte Gedrag (BOG) of Organisational Behaviour Management (OBM) verteenwoordig 'n nuwe uitkyk op die konsep van produktiwiteit daar dit nie soseer op "houdings" of'motiveringsdrange" konsentreer nie as op die beheer van taakgerigte gedrag. Die kontingensie van antesedent-gedrag-gevolg, of die funksionele analise van gedrag soos wat dit bekend staan in BOG, bied 'n uiteensetting van hoe gedrag ontstaan en hoe dit versterk ofvoortgesit word. Hierdie benadering tot produktiwiteit vereis van die bestuur om 'n kontingente verhouding te skep tussen taakgerigte gedrag en versterkende gevolge. Hierdie gevolge mag van sosiale of finansiele aard wees. Die doeltreffendheid van BOG berus op die sentrale veronderstelling dat gedrag ordelik is en op die fokus wat dit plaas op die kritieke element van menslike produktiwiteit, naamlik gerigte gedrag.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

