Original Research
Die semantiese differensiaal as telefoonopnametegniek
Submitted: 30 April 1987 | Published: 30 April 1987
About the author(s)
J. P. R. Joubert, Randse Afrikaanse Universiteit Johannesburg, South AfricaI. van W Raubenheimer, Randse Afrikaanse Universiteit Johannesburg, South Africa
Full Text:
PDF (802KB)Abstract
Opsomming
Die openbare beeld van 'n organisasie speel 'n belangrike rol in die sukses daarvan aangesien dit deurentyd bepaal of die omgewing gunstig of ongunstig daarteenoor reageer. Dit is gevolglik belangrik dat bestuur kennis neem van die openbare beeld van sy organisasie en hoe daardie beeld bepaal kan word. Met hierdie studie is twee houdingskale ('n Likert-tipe posvraelys en 'n Semantiese Differensiaal-tipe telefoonvraelys) wat in die bepaling van 'n openbare beeld gebruik word, vergelyk. Die bevindinge dui daarop dat 'n aangepaste Semantiese Differensiaal met sukses gebruik kan word in telefoononderhoude.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3299Total article views: 2608