Die invloed van geslag en etnisiteit op werkwaardes
Abstract
Opsomming
Die invloed van die veranderlikes geslag en etnisiteit op werkwaardes is onafhanklik en interaksioneel ondersoek. Die Work Value Survey wat deurWollack et. al. ontwikkel is, is as meetinstrument gebruik. Daar is deur middel van stapgewyse diskriminantontleding getoets of etnisiteit en geslag 'n invloed op werkwaardes uitoefen. Die Blanke subgroep verskil van ander groepe ten opsigte van houding teenoor verdienste. Verder verskil die Blankes ook van die Swart- en Asierbevolking ten opsigte van werktrots. Geslag oefen skynbaar nie 'n invloed uit op werkwaardes nie. Oor die algemeen is daar slegs geringe verskille tussen groepe en die afleiding word gemaak dat groepe wat in die werkpiek ontmoet, ooreenstemmende werkwaardes openbaar.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

