Die rol van persoonlikheidstrekke in die weerstand teen stres
Abstract
Opsomming
Ten einde vas te stel ofdaar sekere persoonlikheidstrekke bestaan wat bydra tot weerstand teen stres, is 'n studie uitgevoer met reddingspanlede, wat lewensgevaarlike reddingsdiens in die goudmynbedryf verrig, as ondersoekgroep. Die streekproefhet uit 63 huidige, 56 oud-reddingspanlede en 50 amptenare, wat nog nooit aan die span behoort het nie, bestaan. Dit blyk dat reddingspanlede, op grond van hulle persoonlikheidstruktuur, beter toegerus is om stres te hanteer. Tellings op die 16PF toon dat hulle oor 'n laervlakvan interpersoonlike angs beskik, (Faktor Q4), dat hulle meer prakties (Faktor I), emosioneel stabiel (Faktor C) en konsensieus is (Faktor G). Hierdie bevindinge sluit aan by die reeds bestaande kennis oor die 16PF.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

