Die sestienpersoonlikheidsfaktorvraelys as hulpmiddel by die takseersentrum
Abstract
Opsomming
Takseersentrums se grootste probleem is gelee in die koste en tyd wat dit behels. Hierdie studie ondersoek die moontlikheid om beide te verminder deur die aanwending van die 16 PF Persoonlikheidsvraelys vir die meting van bestuursdimensies. Belowende resultate is met 'n relatiewe klein steekproef bevind ten opsigte van die voorspelling van inisiatiefen deursettingsvermoe. Beduidende meervoudige korrelasies is ook ten opsigte van drie kriteria van bestuursukses bevind. Verdere navorsing kan die gebruik van die 16 PF as hulpmiddel by bestuursevaluering vestig en sodoende die tydsduur en koste van takseersentrums verminder.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

