'n Ondersoek na die potensiaal-bepaling van werknemers in die landbousektor.
Abstract
Opsomming
Wat die toepassing van Bedryfsielkundige beginsels en konsepte betref bestaan daar in die landboubedryf nog groot leemtes. Teen hierdie agtergrond is 'n poging aangewend om op 'n wetenskaplike wyse die potensiaal van plaasarbeiders te bepaal. Deur middel van die WOV-metode van posontleding is kritieke attribute by workers geidentifiseer en kon 'n toetsbattery met aanvaarbare geldigheid saamgestel word. Die resultate van die studie bevestig dat die identifisering van die potensiaal van plaaswerkers 'n noodsaaklike eerste stap in die personeelbestuursproses is. Dit kan ook met groot vrug as voorligtingshulpmiddel deur boere gebruik word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

