Organisasievernuwing: Die identifisering en integrasie van enkele konstrukte
Abstract
Opsomming
Organisasies bestaan uit interaktiewe subsisteme en prosesse wat 'n geheelvormende "Gestalt" tot stand bring. Navorsers is nogtans geneig om, by die bestudering van organisasievernuwing, op uiteenlopende organisasiesub- sisteme en prosesse te fokus. Hierdie neiging het moontlik aanleiding gegee tot uiteenlopende organisasievemuwings- definisies wat 'n gebrek aan dissipline en afbakening by die ontwikkeling van die spesialiteitsrigting skep. Na aanleiding van 'n behoefte aan die identifisering en integrasie van verwante konstrukte wat hierdeur voortgebring word, is 'n inhoudsanalise van 'n aantal organisasievemuwingsdennisies gemaak. Daar is gevind dat die konstrukte "mens", "strategic", "tegnologie", "prosesse" en "ingryping" die belangrikste boustene van organisasievernuwing is. Hierdie konstrukte word in 'n definisie geintegreer ten einde 'n rigtingwyser vir 'n meer gedissiplineerde benadering tot organisasievernuwing te skep.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

