Original Research
Die invloed van ouderdom op verbruikersgedrag by die aankoop van 'n passasiersmotorvoertuig
Submitted: 14 May 1989 | Published: 14 May 1989
About the author(s)
P. J. Du Plessis, Universiteit van Suid-Afrika, South AfricaC. Boshoff, Universiteit van Vista, South Africa
Full Text:
PDF (1MB)Abstract
Opsomming
Die besluit om 'n motorvoertuig te koop is van 'n komplekse aard en kan deur verskeie faktore beinvloed word. Ou-derdom, as veranderlike wat die besluit kan beinvloed, is van besondere belang vir motorvervaardigers- en handelaars. Die hipotese wat in die studie getoets word, is dat daar geen verskil bestaan wat betrefdie relatiewe belangrikheid wat verskillende ouderdomsgroepe aan evalueringskriteria heg by die aankoop van 'n passasiersvoertuig nie. Met behulp van variansie-ontleding is vasgestel dat onbeduidende verskille by 44 van die 65 evalueringskriteria (p < 0,01) wat oorweeg kon word, voorgekom het. Die alternatiewe hipotese word daarom met betrekking tot 21 evalueringskriteria aanvaar.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3737Total article views: 3181