Die beroepsoriëntasie van professioneel-rekeningkundiges tydens die vroeë beroepsjare
Abstract
Opsomming
Die doel met hierdie studie was om die beroepsoriëntasies van aspirant en gekwalifiseerde persone in die rekenmeesterprofessie na te vors. Schein se Beroepsorientasievraelys is afgeneem op 221 proefpersone in hul vroee beroepsjare en in verskillende fases van betrokkenheid in die professie. Bestuursbedrewenheid is as die mees kenmerkende beroepsorientasie geidentifiseer. Dit het ook aan die lig gekom dat proefpersone wat oor beroepsondervinding beskik, ongeag hul fase van betrokkenheid in die vroee beroepsjare, dieselfde orientasie naamlik bestuursbedrewenheid, realiseer. Aanduidings is verder verkry dat beroepsorientasie-differensiasie na gelang van beroepsblootstelling toeneem.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

