Job Satisfaction In Relation To Organisational Culture
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om te bepaal of daar ‘n verband tussen die veranderlikes werksbevrediging en organisasie-kultuur van werknemers in ‘n diensonderneming bestaan. Die populasie van die studie sluit al 200 werkenemers in, waarvan 40 nie by die studie betrek is nie weens lae vlakke van geletterdheid. Die Organisasiekultuur en Werkste-vredenheidvraelyste is op die oorblywende 160 werknemers toegepas en 85 bruikbare response is ontvang. Beide die Organisasiekultuur Vraelys (OCQ) (0,99) en die verkorte weergawe van die Minesota Wersbevredigingsvraelys (MJSQ) (0,92) het hoë alfa- koëffisiënte opgelewer. Beduidende verskille is gevind tussen sommige biografiese veranderlikes en response op die OCQ. ‘n Beduidende korrelasie is ook tussen die metings van OCQ en MJSQ gevind. Die bestuursimplikasies van die bevindinge is verder in die studie ondersoek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

