Measuring consumer attitudes towards gambling
Abstract
Opsomming
Die hoof doelstelling van hierdie studie was om verbruikerhoudings ten opsigte van dobbel onder verskeie sosiodemografiese groepe in Port Elizabeth te ondersoek. Die studie is gegrond op vorige navorsing in die veld en maak gebruik van n aangepaste vraelys, ontwikkel deur verskeie outeurs. ‘n Nie-ewekansige steekproef (N=355) is getrek uit Engels, Afrikaans en Xhosa-sprekende respondente in die Port Elizabeth Uitenhage gebied. Veldwerk is uitgevoer deur Bedryfsielkunde studente van die Universiteit van Port Elizabeth. Bevindinge toon beduidende verskille tussen sosio-demografiese groepe ten opsigte van houdings oor dobbel. Kultuurinvloede afgelei uit taal en godsdiens blyk om dobbelhoudings te beinvloed. Die resultate het belangrike implikasies vir die dobbelspelbedryf en welsynsorganisasies.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

