Testing the value and life-style model (VALS) of psychographic market segmentation
Abstract
Opsomming
Hierdie artikel beskryfdie ontwikkeling van 'n psigografiese inventaris geskik vir die toetsing van die VALS-model van marksegmentasie binne Suid-Afrikaanse verband. Hipoteses met betrekking tot waarde- en lewenstyltrekke, voortspruitend uit vorige navorsing, word getoets op 'n steekproef van wit en swart respondente in die Johannesburg/Soweto metropolitaanse gebied. Resultate toon dat die instrument gemiddelde betroubaarheid openbaar en toepasbaar is op 'n tweetalige grondslag. Die VALS-model soos getoets deur die instrument toon dat die meeste respondente behoefte-gedrewe en na buite gerigte waardes openbaar. Implikasies vir waarde- en lewenstylsegmentasie binne Suid-Afrikaanse verband word ook bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

