Die identifisering van maatstawwe vir die navorsingsprestasie van akademici
Abstract
Opsomming
By Suid-Afrikaanse universiteite word doelwitbereiking gewoonlik aan die hand van sogenaamde "prosesmaat-stawwe" (bv. slaagsyfers) in plaas van prestasiemaatstawwe wat die gehalte van akademiese personeel weerspieel, gemeet. Na aanleiding van 'n behoefte aan die identifisering van geldige rigtingwysers vir navorsingsprestasie as 'n komponent van akademiese prestasie, is daar ondersoek ingestel na die dimensionaliteit van verskillende maatstawwe wat vooraf deur middel van empiriese- en literatuurstudies geidentifiseer is. Daar is gevind dat verskeie geldige maatstawwe deur ses konstrukte verteenwoordig word, te wete: die statuur van die navorser as wetenskaplike, wetenskaplike bydraes, uitbouing van eie professie, gemeenskapsontwikkeling, deelname aan navorsingsprojekte en advieslewering aan persone of instellings buite die Universiteit.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

