Die verband tussen tydoriëntasie, diepte-oriëntasie en lokus van kontrole
Abstract
Opsomming
Die doel met hierdie studie was om 'n toepassing vir die 4-D teorie binne die veld van persoonlikheidsfunksionering te vind, deur die verwantskappe tussen die konstrukte lokus van kontrole, tydoriëntasie en diepteorientasie te ondersoek. Die hipoteses met betrekking tot hierdie verwantskappe, kon oor die algemeen aanvaar word. Betekenisvolle verskille is ook tussen die twee geslagte gevind. Hierdie studie verskaf verdere ondersteunende bewyse vir die wetenskaplike waarde van die 4-D teorie as algemene klassifikasieteorie van menslike gedrag, en beklemtoon die rol van kontroleverhoudings in verskillende lewensituasies as belangrike verklaringsmeganismes vir die bestudering van gedrag.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

