Sielkundige aspekte van verbruikersentiment
Abstract
Opsomming
Die basiese uitgangspunt van die studie was dat verbruikersentiment onder meer verband hou met kwalitatiewe verskille in ekonomiese persepsies en subjektiewe lewenskwaliteit. Die aard van verbruikersentiment in relatief goeie en swak tye is ondersoek en enkele kwalitatiewe veranderlikes aan regressie-ontleding onderwerp om verbruikersentiment te voorspel. Die resultate dui op steun vir die gestelde navorsingshipoteses. Lokus van beheer word tentatief as 'n verklaringsbeginsel aan die hand gedoen.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

