Original Research
Leerteoretiese basis van die andragogie
Submitted: 19 June 1991 | Published: 20 June 1991
About the author(s)
C. J. A. Simpson,, South AfricaB. C. Lessing, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (3MB)Abstract
Opsomming
Met 'n eerste oogopslag wil dit voorkom asof humanistiese leerteorie 'n oorheersende rol in die leerdergesentreerde benadering van andragogie speel. By nadere ondersoek blyk dit egter dat Knowles (1973), na 'n deeglike studie van verskillende leerteoretiese beginsels, 'n omvangryke raamwerk geskep het waarbinne, aan die hand van verskeie aangepaste leerteoretiese beginsels, menslike hulpbronontwikkeling kan plaasvind. As gevolg van die feit dat Knowles vanuit verskillende oorde kritiek op die lyf geloop het, is besluit om die rol wat verskillende leerteorieë in andragogie speel, te bestudeer. Dit blyk dat andragogie nie net elemente van verskillende leerteorieë bevat nie, maar dat toepaslike aspekte van die teoriee wat ondersoek is, benut en aangepas is om 'n geintegreerde benadering te bewerkstellig waarin veral volwassene-leerders by leergeleenthede en hulle selfontwikkeling betrek word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3497Total article views: 2761