Die tipering van verbruikerslewenstyle
Abstract
Opsomming
Weens die gebrek aan 'n Suid-Afrikaanse meetinstrument om verbruikerslewenstyle te meet, is 'n vraelys ontwikkel waaruit lewenstyltiperings gedoen kan word. Hierdie instrument is ontwikkel vanuit gerapporteerde navorsing en nuwe items wat geskryf is vir die doeleindes van hierdie navorsing. In hierdie studie is vier lewenstyltiperings saamgestel, naamlik (a) die apatiese groep, (b) die kunssinnige, sosiaal- onbetrokke boekwurms, (c) die polities-aktiewe, sosiaal-gei'ntegreerdes en (d) die voortreflikes. Aanbevelings vir toekomstige navorsing word gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

