Psychometric testing and Human Resource Management
Abstract
Opsomming
Hierdie is ‘n kumulatiewe verslag wat die resultate verstrek van verskeie verkennende ondersoeke wat gedoen is na die aanwending van psigometriese toetsing in die Oos-Kaap. Onlangse en voortdurende ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing, en veral die implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming, beklemtoon weer eens die belangrikheid van die validering van enige instrumente wat gebruik word vir evaluerings- en keuringsdoeleindes van individue. Inligting is ingewin om te bepaal watter psigometriese toetse, sowel as vir watter doel, vandag in die bedryf gebruik word. Biografiese inligting oor die onderskeie organisasies, insluitende hul aantal werknemers, word verstrek. Die rol van psigometriese toetsing in die keuringsproses word bespreek. Die verskillende toetse wat deur die organisasies gebruik word, sowel as die toetsge-bruikers, word ook aangedui. Die bevindinge van ander, relevante navorsing, sowel as opmerkings, aanbevelings en tekortkominge word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

