Die betroubaarheid en faktorstruktuur van die aangepaste meervoudige keuse-formaat van die miner sentence completion scale (MSCS)
Abstract
Opsomming
Na aanleiding van verskeie punte van kritiek teen die MSCS is die meervoudige keuse-MSCS in hierdie studie aangepas. Ten einde 'n aanduiding van die betroubaarheid en konstrukgeldigheid van die aangepaste MSCS te verkry, is die interne konsekwentheid en faktorstruktuur daarvan bepaal. Die resultate dui daarop dat die interne konsekwentheid onbevredigend en die faktorstruktuur te kompleks vir interpretasie is. In die lig van die bevindinge van hierdie studie, en ander navorsingsbevindinge oor die psigometriese eienskappe van die MSCS, word aanbeveel dat 'n nuwe meetinstrument van bestuursmotivering ontwikkel word wat 'n geldige toetsing van die bestuursrol-motiveringsteorie moontlik sal maak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

