Die verband tussen enkele dimensies van loopbaanankers, pospersepsie en gehalte van werklewe
Abstract
Opsomming
Die loopbaanankers en pospersepsie van 'n steekproef van 258 werknemers in verskillende tipes organisasies (privaat, semi-staat en staat) is ondersoek. 'n Betekenisvolle verband is tussen die proefpersone se loopbaanankers en pospersepsie verkry, waarna vir verskille in gehalte van werklewe tussen die passings- en nie-passingsgroep getoets is. Dit is slegs by daardie respondente waar die dominante loopbaananker werksekuriteit is dat beduidende verskille (p < 0,05) gevind is en die passingsgroep 'n beduidende hoer telling behaal het. Die implikasies van die bevindings ten opsigte van loopbaanbeplanning vir die individu en onderneming word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

