Rate of information processing and reaction time of aircraft pilots and non-pilots
Abstract
Opsomming
Reaksietyd en tempo van inligtingverwerking word as kritieke komponente in die samestelling van vlieëniers beskou. ‘n Behoefte is geïdentifiseer om die geldigheid van verskeie chronometriese metinge in vlieënierskeuring te bepaal. Agt en vyftig militêre en kommersiële vlieëniers en twintig nie-vlieëniers is onderwerp aan Schepers se Gerekenariseerde Inligtingverwerkingstoets-battery wat reaksietyd, vormdiskriminasietyd, kleurdiskriminasietyd, tempo van inligtingverwerking (perseptueel) en tempo van inligtingverwerking (konseptueel) meet. Vyf hipoteses en een postulaat is gestel en getoets. Die resultate dui daarop dat vlieëniers met 92,3% akkuraatheid van nievlieëniers onderskei kan word. Die resultate behoort egter eers gekruisvalideer te word voordat dit finaal vir keuring gebruik kan word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

