Identifikasie van homogene leerstylklasse met behulp van die leerstylvraelys van honey en mumford (1982)
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om vas te stel of persone in homogene klasse ingedeel kan word aan die hand van die vier leerstyle van die Leerstylvraelys van Honey en Mumford (1982), te wete aktivis, pragmatis, reflekteerder en teoretikus. Die steekproef bestaan uit 549 mans- en 258 damestudente. Ten einde vas te stel of die steekproef studente in natuurlike klasse ingedeel kan word-aan die hand van die vier leerstyle van die LSQ, is 'n bondelontleding gedoen. Na deeglike oorweging van die stelle bondels is besluit om ses bondels as die optimum te kies.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

