Die faktore gemeenskaplik aan die selfondersoekvraelys van Holland en die nuwe Suid-Afrikaanse beroepsbelangstellingsvraelys
Abstract
Opsomming
Die nuwe Suid-Afrikaanse Beroepsbelangstellingsvraelys (SABBV) is plaaslik ontwikkel met die doel om 'n enkele beroepsbelangstellingsvraelys vir alle bevolkingsgroepe binne die RSA, daar te stel. In hierdie studie is daar ondersoek ingestel na die gemeenskaplike faktore onderliggend aan die SABBV en die Selfondersoekvraelys (SOV) van Holland met behulp van 'n interbatteryfaktorontleding. Daar is bevind dat daar ses gemeenskaplike faktore onderliggend aan die twee instrumente is vir sowel standerd nege seuns as dogters, en dat hierdie faktore ooreenstem met die ses faktore wat deur Holland in die SOV ingebou is.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

