Sensitiewe relasievorming as bestuursdimensie: Die evaluering van 'n ontwikkelingsprogram
Abstract
Opsomming
Interpersoonlike effektiwiteit in bestuur word as sensitiewe relasievorming gekonseptualiseer met respek, egtheid, empatie en konkreetheid as kerngedragsdimensies. As saamvallende kenmerke tot hierdie vaardighede, word psigologies optimale funksionering omskryf, met spesifieke intrapersoonlike, interpersoonlike en werksgerigte kenmerke. 'n Ontwikkelingsprogram ter stimulering van sensitiewe relasievorming is saamgestel en op drie groepe middelbestuurders toegepas. Die psigometriese evaluering dui op 'n beduidende toename in al vier kerngedragsdimensies asook psigologies-optimale funksionering in terme van realiteitskontak, emosionele volwassenheid en interne lokus van kontrole.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

