Die konstruksie en evaluering van 'n werks tevredenheidvraelys vir predikante
Abstract
Opsomming
Werkstevredenheid is 'n meerdimensionele konstruk wat 'n aanduiding gee van die mate waarin 'n werker in sy werk aanpas. 'n Vraelys om verskeie aspekte van die werkstevredenheid van predikante te meet, is gekonstrueer. Dit is op 'n steekproef van 307 predikante toegepas. Eerste- en tweedeorde-faktorontledings is op die items van die vraelys uitgevoer. Drie sterk faktore van die werkstevredenheid van predikante is geidentifiseer, te wete die belewing van sy werk as sodanig, die belewing van die verhouding tussen horn en sy vrou aan die een kant, en die kerkraad en gemeente aan die ander kant, en sy beroepselfkonsep. Die implikasies van die bevindinge word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

