Stres, soos ervaar deur die hoëvlak swart werknemer in Suid-Afrika
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie is om die wyse van ervaring van stres by die hoëvlak swart werknemer te identifiseer. Uit enkele literatuurstudies het geblyk dat die ervaring van stres emosioneel van aard kan wees. Hierdie tendens is deur middel van 'n praktiese werkswinkel waaraan 'n groep swartes deelgeneem het, bevestig. Verder het geblyk dat die betekenis gekoppel aan stresemosies konkreet, spesifiek gestel word. In die lig hiervan word enkele aanbevelings gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

