Producers' and consumers' attitudes towards frozen vegetables in the south african retail market: A comparative study
Abstract
Opsomming
Die doelwitte met hierdie studie is om die verskillende houdings tussen verbruikers en produsente van gevriesde groente te ondersoek en om te bepaal of inkome van respondente 'n invloed uitoefen op sodanige houdings. 'n Verdere doelwit is om vas te stel hoe die produkattribute van beide vars en gevriesde groente deur verbruikers waargeneem word. Resultate dui daarop dat produsente van gevriesde groente beduidend meer positief teenoor gevriesde groente is as verbruikers. Inkomstevlakke beinvloed nie die verbruikers se houdings teenoor vars en gevriesde groente nie en dit suggereer dat inkome nie as 'n segmentasieveranderlike gebruik behoort te word nie. Daar is ook bevind dat verbruikers se houdings teenoor vars en gevriesde groente beduidend verskil.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

