Die persoonlikheidseienskappe en bestuurspotensiaal van bestuursgemotiveerde persone
Abstract
Opsomming
In die lig van kritiek teen die psigometriese geskiktheid van bestaande meetinstrumente van bestuursmotivering is 'n nuwe skaal, die Bestuursmotiveringsvraelys (BMV)/ ontwikkel. Dit is gedoen op grond van die konseptuele omiyning van bestuursmotivering en die rolmotiveringsteorie van Miner. Die BMV vertoon toereikende interne konsekwentheid. Die doel van hierdie studie is om die konstrukgeldigheid van die BMV verder op te klaar. Beduidend positiewe korrelasies is tussen bestuursmotivering/ globale bestuurspotensiaal en nege bestuursdimensies gevind. Hierbenewens het die korrelasies tussen sestien persoonlikheidseienskappe en bestuursmotivering verdere ondersteunende bewyse gelewer van die konstrukgeldigheid van die BMV.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

