The meaning of working in black and white managerial samples with specific reference to sense of entitlement
Abstract
Opsomming
Die verdeling en skepping van welvaart is waarskynlik die belangrikste uitdagings wat die Suid-Afrikaanse regering die hoof moet bied. Op ondernemingsvlak sal daar dus van eike werknemer verwag word om verantwoordelikheid vir 'n betekenisvolle bydrae tot organisasie-sukses te aanvaar. Die vorming van multi-kulturele groepe skep relevansie vir die bestudering van die betekenis van werk, en spesifiek die sin vir geregtigdheid,1 as 'n manifestasie van 'n behoefte aan billikheid. In hierdie studie is daar gevind dat swart bestuurders 'n sterker sin vir geregtigdheid as hulle wit kollegas ervaar. Dit word aan deprivasie in die verlede toegeskryf. Ofskoon regstellende aksie as 'n kompenserende maatreel geimplementeer sou kon word, skep die leemtes hieraan verbonde 'n behoefte aan oorweging van alternatiewe moontlikhede. Daar word derhalwe aanbeveel dat bestuurstelsels herontwerp word om gelykheid in die werkpiek te bevorder.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

