Die beleweniswêreld van vrouens van vlieëniers wat buitelandse vlugte onderneem
Abstract
Opsomming
Die belewenis van vrouens van vlieeniers wat oorsese vlugte onderneem word verken en beskryf ten einde 'n basis te voorsien waaruit riglyne gegenereer kan word vir geestesgesondheidsbevordering van sodanig betrokke huwelikspare. 'n Verkennende, beskrywende, kwalitatiewe en kontekstuele ontwerp is gebruik. Fenomenologiese semi-gestruktureerde onderhoude is gevoer met 'n doelgerigte geselekteerde steekproef van sewe vrouens van vlieeniers wat oorsese vlugte onderneem. 'n Literatuurkontrole is uitgevoer as betroubaarheidsmaatreel. Resultate van hierdie studie dui daarop dat die vrouens 'n behoefte aan kommunikasie met en ondersteuning van hulle mans het. Riglyne vir geestesgesondheidsbevordering vir huwelikspare/ waar die mans buitelandse vlugte onderneem, is geformuleer. Hierdie riglyne kan geoperasionaliseer word in 'n geestesgesondheidsbevorderingsprogram vir 'n lugdiensgemeenskap.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

