Original Research
Towards establishing biographical and business background profiles of entrepreneurs from two ethnic and gender groups
Submitted: 20 June 1995 | Published: 20 June 1995
About the author(s)
J. L. Schutte, University of Natal, Durban, South AfricaA. B. Boshoff, University of Pretoria, South Africa
H. F. Bennett, Massey University, New Zealand, New Caledonia
Full Text:
PDF (4MB)Abstract
Opsomming
Die literatuur oor die biografiese agtergronde van entrepreneurs skyn baie teenstrydige bevindinge te bevat. Hierdie kan moontlik deels toegeskryf word aan die aanname dat steekproewe van entrepreneurs eerder homogeen eerder as heterogeen is. Dit skyn asof minder navorsing oor vroulike as oor manlike entrepreneurs gedoen is. Ten spyte van aannames in die verband, bestaan min empiriese gegewens oor die biografiese agtergronde en sake-situasie van respektiewelik wit en swart Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Swart en vroulike entrepreneurs is in meeste gemeenskappe minderheidsgroepe en is nog nie in diepte bestudeer nie, daarom die huidige studie. Die biografiese en sake-agtergronde van 569 Suid-Afrikaanse entrepreneurs (106 swart en 463 wit; 136 vroulik en 433 manlik) is bestudeer. Een-rigting Analise van Variansie en Chi-kwadraat gevolg deur Diskriminant Analise is uitgevoer ten einde te bepaal of respektiewelik swart en wit en manlike van vroulike entrepreneurs in terme van die veranderlikes wat bestudeer is, verskil. Betekenisvolle verskille tussen die totale groep van manlike en vroulike entrepreneurs is slegs in terme van vyf veranderlikes gevind. Swart en wit entrepreneurs het statistics beduidend op 16 van die 30 veranderlikes in die studie ingesluit, verskil.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3697Total article views: 3384