Die faktorstruktuur van die 19 veld-belangstellings-vraelys en Holland se struktuur van belangstellings
Abstract
Opsomming
Die 19 Veld-belangstellingsvraelys (19VBV) word al vir langer as twintig jaar gebruik vir die taksering van blanke Suid-Afrikaners se beroepsbelangstellings. Hierdie vraelys bied 'n gedetailleerde, maar onekonomiese beskrywing van 'n persoon se belangstellings in terme van 19 velde. Hierdie vraelys is ook nie op enige onderliggende teoretiese rasionaal gebaseer nie. Hierteenoor bied Holland 'n teoreties verantwoorde en meer ekonomiese beskrywing van belangstellings in terme van ses velde. 'n Faktorontleding is op 'n datastel wat aan die hand van die 19VBV verkry is uitgevoer om te sien tot watter mate die faktore sal ooreenstem met Holland se velde. Sterk bevestiging vir drie van Holland se velde is gevind/ terwyl die ander drie velde tentatiewe ondersteuning verkry het. Die afwykings kan moontlik aan die geselekteerde aard van die steekproef, naamlik voornemende blanke manlike universiteitstudente, toegeskryf word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

