A cross-cultural analysis of work values and moral reasoning
Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was om vanuit 'n bestuur-van-diversiteit konteks vas te stel of daar interkulturele verskille bestaan ten opsigte van werkwaardes en morele redenering. 'n Sekondere doelwit was om te bepaal of individue in verskillende fases van morele redenering verskil ten opsigte van werkwaardes. Die steekproef (N=182) is saamgestel uit swart en wit studente op voor- en nagraadse vlak. Statisties-beduidende verskille tussen kultuurgroepe ten opsigte van werkwaardes en morele redenering het na vore gekom, maar geen verskille tussen fases van morele redenering ten opsigte van werkwaardes is gevind nie. Die implikasies van die bevindinge soos dit werkorganisasies en tersiere instellings raak, word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

