Kennisbasisse, gebruikspatrone en gebruikshindernisse ten opsigte van die riglyne vir die ontwikkeling en validering van personeelkeuringsprosedures
Abstract
Opsomming
Keuring is 'n sleutel menslike hulpbronbestuursfunksie in enige onderneming. Verwagte veranderinge in Suid-Afrikaanse Arbeidswetgewing en die noodsaaklikheid van die bevordering van organisatoriese doeltreffendheid lei in 1992 tot die publikasie van die Riglyne vir die Ontwikkeling en Validering van Personeelkeuringsprosedures. Die onderhawige studie is gerig op 'n beskrywing van die heersende kennisbasisse, gebruikspatrone en gebruiks- hindernisse vis-a-vis die Riglyne by 'n spesifieke groep menslike hulpbronkundiges in Suid-Afrika. Aanbevelings word op grond van die bevindinge gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

