Aanpassing en evaluering van die litwin en stringer- klimaatmetingsvraelys
Abstract
Opsomming
In 'n poging om aan die behoefte wat daar aan wetenskaplik verantwoordbare klimaatmetingsvraelyste bestaan, te voldoen, is die klimaatmetingsvraelys van Litwin en Stringer (1968) in hierdie studie aangepas en geevalueer. Die vraelys is op 'n steekproef van 122 bestuurders in 'n finansiele instelling toegepas. Eerste- en tweedeordefaktorontledings is op die items van die vraelys uitgevoer. Twee faktore van organisasieklimaat is geidentifiseer, te wete motivering - verhoudingoorwegings en onsekerheidtaakeienaarskapoorwegings. Die implikasies van die bevindinge word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

