Die persoonlikheidsprofiel van suksesvolle bewakingsdienspersoneel
Abstract
Opsomming
In 'n poging om 'n persoonlikheidsprofiel vir suksesvolle bewakingsdienspersoneel saam te stel, is response op Cattell se 16-PF (SA92-vorm) vanaf 361 bewakingsdienspersoneellede werksaam by die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste, verkry. Inligting in terme van onafhanklike kriterium (tempo van bevordering) is ook verkry en gebruik as aanduiding van werksukses. Deur die gebruik van Hotelling se T2 is bepaal dat die ecrsteorde profiele van suksesvolle en onsuksesvolle bewakingsdienslede beduidend van mekaar verskil. Daar is geen beduidende verskil ten opsigte van die tweedeorde profiele gevind nie. Deur middel van stapsgewyse diskriminantontleding, met persoonlikheid as onafhanklike en sukses (uitgedruk as 'n digotomie) as afhanklike veranderlike, is vier eersteorde faktore geidentifiseer en formules saamgestel wat 14,8 beter as toeval kan voorspel of "n persoon suksesvol of onsuksesvol volgens die digotomiese sukseskriterium sal wees.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

