Die invloed van reuke op die werksatmosfeer van saalpersoneel binne 'n gespesialiseerde verpleegopset
Abstract
Opsomming
Die doel van die ondersoek was om vas te stel of aangename reuke die gemoedstoestand en belewenis van die werksatmosfeer van saalpersoneel positief kan beinvloed. Die lotingsmetode is gebruik om uit vier sale, twee ewekansige groepe te selekteer. Die sestien mans en vroue is ewekansig toegedeel aan 'n eksperimentele en kontrolegroep. Die resultate wys dat reuke wel 'n positiewe verskil aan die gemoedstoestand van 'n werker kan maak. Geen sodanige positiewe invloed is egter ten opsigte van werksatmosfeer waargeneem nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

