Individualiteit, kollektiwiteit en lokus van beheer as mikroveranderlikes van diversiteit
Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was om 'n instrument vir die meting van die konstrukte individualiteit en kollektiwiteit as mikroveranderlikes van diversiteit in die Suid-Afrikaanse konteks daar te stel. Die Individualiteit-kollektiwiteitskaal is op 326 universiteitstudente toegepas. 'n Faktorontleding op 80 items het twee faktore tot gevolg gehad/ naamlik Individualiteit en Kollektiwiteit. Die twee skale is vervolgens aan 'n itemontleding onderwerp en betroubaarhede van 0,86 en 0,910 is onderskeidelik opgelewer. 'n Sekondere doelwit van die studie was om te bepaal of daar 'n verband tussen individualiteit, kollektiwiteit en lokus van beheer bestaan. Die twee sub-skale van die Individualiteitkollektiwiteitskaal is met die drie sub-skale van die Lokus van Beheer-vraelys gekorreleer. Statisties beduidende positiewe korrelasies bestaan tussen individualiteit, interne lokus van beheer en outonomie. Die implikasies van die bevindinge vir die bestuur van diversiteit word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

