Original Research
Die koste van vrywillige, beheerbare arbeidomset
Submitted: 24 June 1997 | Published: 24 June 1997
About the author(s)
G. Roodt, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaF. C. Bothma, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, South Africa
Full Text:
PDF (1MB)Abstract
Opsomming
Arbeidomset kan vir individue as vrywillig of nie-vrywillig geklassifiseer word; daarenteen kan arbeidomset vir organisasies as beheerbaar of nie-beheerbaar gekategoriseer word. Gegewens oor totale arbeidomset in "n bepaalde diensorganisasie het op die bestaan van 'n moontlike probleem gewys. Die koste van vrywillige, beheerbare arbeidomset van slegs tegnici is vir die periode 1 Januarie 1988 tot 31 Maart 1991 in die betrokke organisasie nader ondersoek, deur die direkte verkrygings-, opieidings- en skeidingskoste van tegniciverlaters vir hierdie tydperk te bereken. Die vervangingskoste van slegs die tegnicipopulasie (N = 1594) vir die laasgenoemde tydperk het sowat R94 miljoen beloop en kon selfs so hoog soos R470 miljoen wees as die verskuilde kostes ook verreken is. Indien hierdie kostes na die periode 1980-1991 geprojekteer word waarin daar 60 284 vrywillige verlaters was, kan die totale arbeidsomsetkoste vir die organisasie astronomies wees. Hieruit blyk dit duidelik dat voorkomende strategiee deur bestuur die negatiewe gevolge van arbeidomset kan verminder en die vooruitsigte van positiewe gevolge kan verbeter.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4434Total article views: 2739
Crossref Citations
1. The empirical evidence on negating turnover intentions among academicians
Shaha Faisal, Mohammad Naushad
Problems and Perspectives in Management vol: 19 issue: 4 first page: 270 year: 2021
doi: 10.21511/ppm.19(4).2021.22