Die koste van vrywillige, beheerbare arbeidomset
Abstract
Opsomming
Arbeidomset kan vir individue as vrywillig of nie-vrywillig geklassifiseer word; daarenteen kan arbeidomset vir organisasies as beheerbaar of nie-beheerbaar gekategoriseer word. Gegewens oor totale arbeidomset in "n bepaalde diensorganisasie het op die bestaan van 'n moontlike probleem gewys. Die koste van vrywillige, beheerbare arbeidomset van slegs tegnici is vir die periode 1 Januarie 1988 tot 31 Maart 1991 in die betrokke organisasie nader ondersoek, deur die direkte verkrygings-, opieidings- en skeidingskoste van tegniciverlaters vir hierdie tydperk te bereken. Die vervangingskoste van slegs die tegnicipopulasie (N = 1594) vir die laasgenoemde tydperk het sowat R94 miljoen beloop en kon selfs so hoog soos R470 miljoen wees as die verskuilde kostes ook verreken is. Indien hierdie kostes na die periode 1980-1991 geprojekteer word waarin daar 60 284 vrywillige verlaters was, kan die totale arbeidsomsetkoste vir die organisasie astronomies wees. Hieruit blyk dit duidelik dat voorkomende strategiee deur bestuur die negatiewe gevolge van arbeidomset kan verminder en die vooruitsigte van positiewe gevolge kan verbeter.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

