Die verband tussen lokus van beheer en die werks prestasie van swart bemarkers in die lewensversekeringsbedryf
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die verband tussen lokus van beheer en die werksprestasie van swart bemarkers in die lewensversekeringsbedryf te bepaal. Hierdie konstrukte is gekies op grond van die gebrek aan empiriese navorsing rakende die veronderstelde verband tussen genoemde konstrukte. Die Lokus van Beheer-vraelys van Schepers (1995) is in die meting van lokus van beheer gebruik. Werksprestasie is aan die hand van kommissie per maand verdien, aantal polisse gegenereer deur 'n bemarker en die persentasie vervalde polisse, gemeet. Die tersaaklike metinge is verkry ten opsigte van 'n steekproef van 149 swart bemarkers. Die resultate toon 'n klein, dog statisties beduidende verband tussen eksterne lokus van beheer en die werksprestasie van swart bemarkers in die lewensversekeringsbedryf.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

