Die samestelling en evaluering van 'n groepfasiliteringskursus
Abstract
Opsomming
Die persoonlikheidsprofiel van die groepfasiliteerder word gekonseptualiseer as groepkennis en -vaardighede, interpersoonike effektiwiteit, en persoonlikheidskenmerke. 'n Groepfasiliteringskursus gerig op die stimulering van hierdie profiel is ontwikkel. Die kursus het daartoe bygedra om deelnemers se vaardigheid om op prosesaangeleenthede in 'n groep te reageer, asook om hul kennis van groepfasilitering te verbeter. Deelnemers se empatie, respek, egtheid en konkreetheid het beduidend toegeneem. Alhoewel veranderinge ten opsigte van spontaneïteit, tydsbewustheid en eksistensialiteit gevind is, kan hierdie veranderinge nie aan die kursus toegeskryf word nie. Organisasiefaktore kan struikelblokke wees in die weg van die ontwikkeling van die persoonliheidskenmerke van die groepfasiliteerder.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

